top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Numsa eis dat Venus Security-werknemers se volle salaris en voordele betaal moet word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 15, 2025
1 min read

Ná druk van die metaalwerkersvakbond Numsa het Venus Security uiteindelik hul sekuriteitswerkers betaal, maar nie hul volle salarisse nie. Rosestad-nuus het vroeër berig die sekuriteitswerkers by lughawens in Bloemfontein in die Vrystaat, asook Kimberley, Upington en Kathu in die Noord-Kaap, is glo sedert Februarie nie betaal nie. Luidens ‘n mediaverklaring van Numsa sal hulle voortgaan om die maatskappy se eienaars aanspreeklik te hou om te verseker dat elke sent wat aan werkers verskuldig is, ten volle betaal word. Die vakbond eis ook dat Venus Security se betaling alle voordele, soos die werkers se mediese versekering, moet insluit.

 
 
 

Comments


bottom of page