Numsa kritiseer Goodyear Suid-Afrika omdat hy sy bedrywighede in die land wil staak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 7, 2025
- 1 min read
Die metaalwerkersvakbond Numsa het Goodyear Suid-Afrika gekritiseer omdat hy sy bedrywighede in die land wil staak. Goodyear Suid-Afrika het aangekondig dat hy sy vervaardigingsbedrywighede in die land gaan staak. Die besluit om sy aanleg te sluit sal meer as 900 poste raak. Volgens ‘n verklaring wat uitgereik is deur Good Year sê die maatskappy die besluit om sy aanleg te sluit kom te midde van ‘n verkoopsstrategie verandering in Europa, die Midde-Ooste en Afrika om sy bedrywighede en produksie reeks te verbeter. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond is bekommerd oor die impak van hierdie besluit.







Comments