Numsa veroordeel 'n Vrystaatse kuierplek oor onveilige arbeidspraktyke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 1
- 1 min read
Die metaalwerkersvakbond Numsa het die gedrag van die bestuur van Die Veiling Pub and Grill in Sasolburg in die Vrystaat veroordeel.
Volgens die vakbond het die werkgewer doelbewus salarisbetalings aan alle Numsa-lede teruggehou terwyl nie-lede betaal is. Die betrokke werkers is glo ook gedwing om badkamers wat met menslike afval besmet is, skoon te maak sonder behoorlike persoonlike beskermende toerusting en maskers.
Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle sal by die onderneming betoog om hierdie uitbuiting bloot te lê, en ‘n einde te eis aan teen-vakbonddiskriminasie sowel as onveilige arbeidspraktyke.
LUISTER:
Phakamile Hlubi-Majola







Comments