Numsa vra die regering om elektrisiteitspryse te verlaag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die metaalwerkersvakbond Numsa versoek die regering om energiekoste vir die smelterybedryf te verminder.
Hulle het Maandag na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om hul kommer oor werksverliese in die bedryf uit te spreek.
Volgens die vakbond is duisende werksgeleenthede vanjaar in die bedryf verlore.
Die bedryf blameer hoë elektrisiteitskoste vir die werksverliese.
’n Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die regering moet verdere werkverliese in die land vermy.






Comments