top of page

Nuwe aantygings doen die ronde oor swak bestuur in die metro

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 15
  • 1 min read

'n Anonieme brief is onlangs aan die burgemeester en raadslede van die Mangaung-metro gestuur. Hierin laat nuwe aantygings oor wanpraktyke in die metro se se afdeling vir mensehulpbronbestuur die kollig opnuut val op beweerde politieke inmenging en swak bestuur.


Netwerk24 berig die brief sê sekere bestuurders plaas glo druk op personeel om vooraf bepaalde kandidate aan te stel sonder om die nodige prosedures te volg. Voorts word poste glo geskep of verander om by spesifieke individue te pas, dat kontrakte onwettig hernu word, en dat amptenare wat vrae vra, geïntimideer of benadeel word.


Die metro het belowe om enige nie-vertroulike dokumentasie aan die media beskikbaar te stel om die integriteit van sy prosesse te bewys.


Intussen sê raadslede die aantygings toon dat ou probleme in Mangaung se administrasie nog nie opgelos is nie.


Die Bram Fischer-gebou, waar die munisipale kantore gehuisves word. FOTO: Netwerk24
Die Bram Fischer-gebou, waar die munisipale kantore gehuisves word. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page