Nuwe beeldmateriaal kom na vore sewe maande na die gru-ongeluk net buite Bloemfontein
- Armando Pieters

- Aug 28
- 1 min read
Sewe maande ná die ongeluk waarin twee boeties en hul niggie by die Aljos Superspar op die N8-hoofweg buite Bloemfontein dood is, het nog beeldmateriaal na vore gekom wat ondersoek moet word.
Die mediese verslag van Tennique Joubert, wat die ongeluk oorleef het, is ook glo steeds by die Pelonomi-hospitaal, waar sy ná die ongeluk behandel is.
Netwerk24 berig die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Mojalefa Senokoatsane, het bevestig die direkteur van openbare vervolgings het die dossier vir ’n tweede keer na die polisie teruggestuur. Dit is die eerste keer teruggestuur om nog verklarings te kry, onder andere van die persoon wat een van die boeties se lyke van die toneel vervoer het.
Die twee boeties se pa, Martin Smit, is nie bewus van die oorsprong van die nuwe beeldmateriaal nie. Hy sê dit wil vir hom voorkom of iemand die ondersoek probeer toesmeer of vertraag.





Comments