Nuwe behandeling vir slangbyte word ondersoek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 24
- 1 min read
Navorsers aan die Noordwes-Universiteit ondersoek of medisyne wat reeds gebruik word om ander toestande te behandel, ‘n nuwe manier kan bied om slangbyte te behandel.
Die navorsing word deur Anél Petzer gelei.
Die span bestudeer verbindings wat giftige ensieme in slanggif kan neutraliseer. Die benadering kan ‘n alternatief bied vir konvensionele teengif, wat duur is, verkoeling vereis en in gesondheidsorgfasiliteite toegedien moet word.
Navorsers het reeds meer as 500 potensiële toetskandidate geïdentifiseer en gifstowwe van verskeie Afrika-slangspesies ontleed. Verdere toetse sal nou uitgevoer word voordat kliniese proewe kan begin.








Comments