top of page

Nuwe DA leiers word tydens ‘n kongres in Bloem aangewys

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 16 hours ago
  • 1 min read

Afgevaardiges van regoor die Vrystaat het vir nuwe DA leiers by ‘n kongres in Bloemfontein gestem.


Maroela Media berig daar is ook oor sleutelpartysake besin soos onder meer die rigting van die party in die provinsie. 


Roy Jankielsohn is tot provinsiale leier verkies met Werner Pretorius as provinsiale voorsitter.


Jafta Mokoena en Mbali Mnaba dien as adjunkvoorsitters en David van Vuuren is tot finansiële voorsitter verkies.


Intussen het Netwerk24 glo eksklusiewe inligting van twee bronne ontvang dat John Steenhuisen nie vir ‘n tweede termyn as DA-leier sal staan nie.


Steenhuisen sal na verwagting Woensdag ‘n nuuskonferensie hou.


Werner Pretorius. FOTO: Facebook
Werner Pretorius. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page