top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nuwe dam-regulasies wek kommer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

Voorgestelde nuwe regulasies vir die bestuur van staatsdamme en omliggende grond kan openbare toegang en plaaslike ekonomieë raak.


Die konsepmaatreëls van die Departement van Water en Sanitasie stel onder meer voor dat individue, klubs en besighede formele ooreenkomste moet hê om damme en aangrensende grond te gebruik.


Volgens die DA kan dit bestaande ontspanningsaktiwiteite soos visvang, swem en bootvaart beperk, en ook streng huur- en administratiewe vereistes instel.


Die regulasies kan verder direkte toegang vanaf privaat eiendom belemmer en groter druk op besighede plaas wat afhanklik is van dam-gebaseerde toerisme.


Die party sê in 'n mediaverklaring die voorgestelde regulasies is ongrondwetlik en kan werksgeleenthede en plaaslike ekonomiese aktiwiteit benadeel.


Hulle doen ’n beroep op die publiek om voorstelle teen die regulasies in te dien voordat die sperdatum later vandeesmaand verstryk.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page