top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nuwe Ebola-maatreëls geld vir reisigers na SA

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Updated: Jul 23

Reisigers wat vanuit Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo na Suid-Afrika reis moet voortaan 'n gesondheidsvraelys voltooi weens die uitbraak van die Ebola-virus.


SANews berig die Departement van Gesondheid sê die vraelys kan tot 24 uur voor vertrek ingevul word om die aankomsproses te vergemaklik.


Meer as 2 000 bevestigde Ebola-gevalle en sowat 800 sterftes is sedert die uitbreking in Mei aangemeld.


Die departement sê die maatreël is ingestel om gesondheidsrisiko's beter te bestuur en reisigers vinniger te kan verwerk wanneer hulle in Suid-Afrika aankom.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page