top of page

Nuwe kwotas vir indiensneming word binnekort bekend gemaak

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 25
  • 1 min read

Die Departement van Indiensneming en Arbeid sal na verwagting teen einde Maart sy kwotas vir die indiensneming op grond van ras, geslag en gestremdheid bekend maak. Dit volg op die nuwe Wysigingswet op Gelyke Indiensneming, wat verskeie veranderinge aan die land se swart ekonomiese bemagtigingswette ingestel het. Die wet het verlede maand in werking getree wat minister Nomakhosazana Meth bemagtig om spesifieke sektorale indiensnemingsteikens te stel wat werkgewers moet volg. ‘n Uitvoerende direkteur by die Sentrum vir Risiko-analise, Chris Hattingh, sê die teikens sal toegepas word op alle maatskappye wat meer as 50 mense in diens het. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page