top of page

Nuwe lede is vir die Vrystaat se verbruikershof aangewys

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 29
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, bekend as DESTEA, het ses nuwe lede vir die Verbruikersakehof aangewys. Volgens ’n plasing op die regering se Facebook-blad het die hooflanddros Cornelius Mokgobo hulle gister by die departement se hoofkantoor ingesweer. Die hof help om kopers teen onregverdige sakepraktyke te beskerm en geskille met besighede op te los. Die lede sal vir drie jaar dien. Volgens die hoof van DESTEA, Mbulelo Nokwequ, het elke lid spesiale kennis om verbruikersake regverdig te hanteer. Die hof kan ook handelaars beveel om geld terug te betaal. As hulle nie saamwerk nie, kan die saak na die landdroshof gaan. DESTEA sê dit wys hul erns om verbruikers in die Vrystaat te beskerm.

 
 
 

Comments


bottom of page