top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nuwe manier van krediettelling bepaal nou bekend

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 18, 2025
1 min read

Die kredietburo TransUnion het sy sogenaamde Telco Data Score bekendgestel.

Die diens is ʼn eerste in sy soort. Dit maak gebruik van data van selfoonoproepe om ʼn krediettelling te bereken vir individue met ʼn beperkte of geen kredietgeskiedenis nie.

Volgens Tech Africa News is dit ontwikkel in samewerking met MTN en die digitale-markplek-ontwikkelaar Chenosis.

TransUnion sê daar kan miljarde rande by die land se Bruto Binnelandse Produk gevoeg word as die miljoene onderbediende Suid-Afrikaners toegang tot meer finansiële dienste kry.

 
 
 

Comments


bottom of page