Nuwe oogklinieke bring hoop in Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 26
- 1 min read
Die Departement Optometrie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) brei sy dienslewering in Bloemfontein uit met twee nuwe oogklinieke in samewerking met die Kingdom Vision Foundation.
Die klinieke is by die Anchor of Hope-fasiliteit in Hamilton en by Kovsie Health gevestig, en bied oogversorging oor vyf gespesialiseerde optometriese velde.
As deel van die projek het die UV ook ’n volledig digitale stelsel ingestel waar studente nou aanlyn toegang tot pasiënte se rekords het – ’n eerste vir die departement. Dit verbeter nie net praktiese opleiding nie, maar ook pasiëntsorg.
Volgens ‘n plasing op UV Fakulteit Gesondheidswetenskappe se sosiale media versterk die inisiatief opleiding en navorsing, terwyl dit terselfdertyd gemeenskappe bereik deur sig te herstel en gesondheidsorg van onder af op te bou.








Comments