top of page

Nuwe padda-spesie in KZN ontdek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 11
  • 1 min read

Daar is 'n nuwe padda-spesie in Kwa-Zulu Natal ontdek.

Drie padda-entoesiaste was in Boston in die KZN-Middelland opsoek na die sogenaamde “Bilbo se padda” uit 'n veldgids van Louis du Preez, 'n herpetoloog verbonde aan die Noordwes-Universiteit.

Een van die mans, Nick Evans, sê volgens Netwerk24 hulle het 'n vreemde padda gesien en dadelik geweet dit is nie “Bilbo se padda” van Du Preez se gids nie, aangesien dié padda anders gelyk en geklink het as die beskrywing.

Die nuwe padda heet nou die “Boston-reënpadda”.

 
 
 

Comments


bottom of page