Nuwe paspoortstempels moet korrupsie op grense stuit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 4
- 1 min read
Die Grensbestuursowerheid (GBO) het nuwe paspoortstempels met gevorderde sekuriteitskenmerke in werking gestel om vervalsing en korrupsie aan Suid-Afrika se grense hok te slaan. Maroela Media berig volgens GBO-kommissaris, Michael Masiapato, is die nuwe stempels ontwerp in samewerking met die Staatsdrukker. Elke immigrasiebeampte ontvang nou ʼn unieke stempel, wat teruggevoer kan word na die betrokke beampte indien dit vir onwettige doeleindes gebruik word. Hy waarsku dat reisigers self verantwoordelik is om te verseker dat hul paspoorte reg en wettig by amptelike grensposte afgestempel word.





Comments