top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nuwe petroliummaatskappy in SA op koers

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 12, 2025
  • 1 min read

Belanghebbendes van die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Nasionale Petroliummaatskappy (SANPC) het aan Parlement gesê die maatskappy is "op koers" om teen 1 April vanjaar te begin handel dryf. News24 berig dit is ten spyte van die afwesigheid van 'n permanente Hoof Uitvoerende Beampte, 'n finale korporatiewe plan of goedkeuring vir die SANPC-wetsontwerp. SANPC is saamgestel uit drie takke van die Sentrale Energiefonds (CEF) en wil die leier in die olie- en gasbedryf wees. CEF-voorsitter, Ayanda Noah, het gesê die fokus is op die 1 April-sperdatum. Die oprigting van SANPC sal glo ook help om PetroSA se finansiële herstel te ondersteun en die land se ekonomiese onafhanklikheid te bevorder.

 
 
 

Comments


bottom of page