Nuwe tariewe kom in Augustus vir Bloemfontein-stortingsterreine
- Armando Pieters

- Jul 8
- 1 min read
Weegbrûe by Bloemfontein se twee stortingsterreine word nou opgeknap.
Dit behoort gereed te wees vir die nuwe tariewe vir die stortingsterreine wat vanaf 1 Augustus van krag sal wees.
Bloemnuus berig eienaars van vullisverwyderingsdienste is bekommerd oor die toekoms van hul ondernemings met die instel van dié tariewe.
Volgens ‘n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sal inwoners wat algemene en nie-gevaarlike vullis van minder as 500kg aflaai, dit steeds gratis kan doen. Inwoners wat meer as 500kg gaan aflaai, sal R130 betaal, terwyl kontrakteurs en sakelui R263 sal moet opdok.
Die tariewe geld vir die geldjare van 2025 tot 2028.





Comments