top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

#Nuwe Visum-stelsel bevorder Suid Afrikaanse arbeidskapasiteit

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11, 2024
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die hervormings aan Suid-Afrika se visumstelsel is 'n belangrike stap om internasionale vaardighede en beleggings na die land te lok. Netwerk24 berig dat dit ook sal help om toerisme aan te wakker en werk te skep. Die hervormings is Woensdag van hierdie week in die Staatskoerant gepubliseer. Die doel van die hervormings is om dit vir Suid-Afrikaanse en multinasionale maatskappye makliker te maak om geskoolde werkers in diens te neem. Dit vergemaklik ook afstandwerk, sodat buitelanders wat die land besoek, hul werk vanuit Suid-Afrika kan doen. Dr. Leon Schreiber stel 'n puntestelsel voor wat 'n deursigtige raamwerk verskaf waarop kritieke vaardighede of algemene werksvisums kwalifiseer. Volgens president Ramaphosa sal dit buitelanders aanmoedig om buitelandse valuta in Suid-Afrika te bestee.

 
 
 

Comments


bottom of page