'nVerdagte is vas op die N8 vir handel in dagga
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
'n Verdagte wat vanaf die N8-hoofweg in die rigting van Botshabelo onderweg was, is onderskep en in hegtenis geneem.
Volgens 'n polisieverklaring het polisielede op intelligensiegedrewe inligting gereageer oor ’n groot besending dagga wat na verwagting in Botshabelo afgelewer sou word. Ná ’n kort agtervolging is die voertuig tot stilstand gebring.
Tydens die daaropvolgende deursoeking het die polisie ’n onbekende bedrag kontant en ’n groot besending dagga ontdek, verpak in deursigtige ritssluitersakkies, met ’n geraamde straatwaarde van R150 000. Die verdagte sal na verwagting binnekort op aanklag van handel in dagga in die Botshabelo-landdroshof verskyn.








Comments