NWU sê 'n stemnota teen Christenskap is oud en belaglik
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 12, 2025
- 1 min read
'n Stemboodskap wat beweer dat studente op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) nie hul Christenskap mag uitleef nie, is vals.
Die stemnota beweer koshuise mag glad nie meer aanbiddingsaande hou nie en studente mag nie in hul koshuiskamers, in privaatheid, bid nie. Die spreker sê voorts dat ander gelowe wel mag bid.
Maroela Media berig die NWU bevestig die boodskap is oud en het reeds in Februarie 2023 die ronde gedoen. Voorts sê 'n NWU-verklaring nie net is die aantygings belaglik nie, maar sulke dade is daarop gemik om verdeeldheid en polarisasie binne die universiteitsgemeenskap te saai.
Die universiteit beklemtoon dat geen skending van individue se grondwetlike regte ooit by die NWU geduld sal word nie. Hy distansieer hom van die inhoud van die stemnota en doen ’n beroep op belanghebbendes om sulke ondeunde optrede te ignoreer.






Comments