top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nyl-krokodille word in 'n woonbuurt gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 27
  • 1 min read

Polisie het beslag gelê op twee krokodille wat sonder die nodige permitte by 'n huis in Springs in Gauteng gehou word.


Maroela Media berig die twee Nyl-krokodille is in 'n swart staalhok van sowat 5,6 m by 1,8 m met 'n klein plasswembadjie gehou. Na bewering is die krokodille, van amper 2 m in lengte elk, reeds twee jaar lank so aangehou.


'n Woordvoerder van die Gautengse polisie sê mense wat van voorneme is om enige eksotiese troeteldiere of wildlewe aan te hou, word aangemoedig om hulself te vergewis van die wetgewing wat spesifieke spesies beskerm en reguleer, asook of wettige permitte bekom kan word.


Die polisie het ʼn strafsaak aanhangig gemaak vir die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit vir die aanhou van ʼn beskermde of bedreigde spesie sonder ʼn permit. Die ondersoek duur voort.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page