Nóg 'n DBV is geplunder
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Vereeniging DBV-tak is die jongste dierewelsynsorganisasie wat deur inbrekers geteiken is nadat verskeie items by die perseel gesteel is.
Volgens die Parys Gazette sluit die gesteelde items onder meer 'n wasmasjien, komberse en hondebeddens in wat gebruik is om diere gedurende die wintermaande te versorg.
Die inbrekers het ook 'n betonmuur beskadig om toegang tot die terrein te verkry.
Die voorval volg kort nadat die Parys DBV-tak in die Vrystaat sy enigste voertuig tydens 'n inbraak verloor het.
Die voertuig is steeds nie vervang nie, wat volgens die organisasie 'n groot impak op sy dienslewering aan Parys en omliggende gemeenskappe het.








Comments