Nóg 'n dieseltenkwa-ongeluk ontwrig verkeer in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 9
- 1 min read
Die R59 tussen die N1-oorbrug en Sasolburg was Dinsdagoggend vir verkeer gesluit ná 'n ernstige botsing tussen 'n dieseltenkwa en 'n motor.
Volgens die Parys Gazette het die tenkwa ná die botsing aan die brand geslaan.
Die bestuurder van die vragmotor kon egter betyds uit die voertuig kom, terwyl nooddienste na die toneel ontbied is.
Die voorval volg slegs enkele dae nadat die N5 tussen Senekal en Winburg tydelik gesluit moes word ná 'n ongeluk waarin 'n dieseltenkwa betrokke was.
Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die ongeluk Saterdag tot 'n brandstofstorting op die pad gelei, waarna nood- en opruimingspanne die toneel moes beveilig.
Motoriste is toe na alternatiewe roetes herlei terwyl die pad skoongemaak en veilig verklaar is.








Comments