Nóg ’n groep ongedokumenteerde buitelanders is in die Vrystaat onderskep
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 13
- 1 min read
Owerhede in die Vrystaat het nóg ’n groep ongedokumenteerde buitelanders onderskep – die derde voorval in net een week.
Volgens die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het die voorval ’n bus behels wat van Zimbabwe na Kaapstad onderweg was.
Die bus het 55 passasiers vervoer, waarvan 29 ongedokumenteerd was – insluitend sewe minderjariges.
Owerhede sê die voertuig was ook onpadwaardig, met ’n gebrekkige deur, foutiewe remme en verslete bande. Verder was die bestuurder glo ook nie in besit van ’n geldige rybewys nie.
LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, het beamptes in ‘n meidaverklaring geloof vir hul werk en sê die provinsie sal voortgaan om op te tree om veiligheid en wetstoepassing te verseker.








Comments