Nóg ‘n kleuter van Glen word vermis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 10
- 1 min read
Die Glen-polisie in Bloemfontein het die publiek se hulp versoek om die vyfjarige Onkarabetse Leeuw op te spoor.
Volgens Onkarabetse se ma het hy Saterdagmiddag sy huis omstreeks 16:00 verlaat om ʼn pet by ʼn maat te gaan optel.
Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring hy is laas gesien in met ‘n grys-en-swart T-hemp met lang moue.
Hy het ʼn geel kortbroek en wit tekkies aangehad.
Onkarabetse se verdwying volg kort nadat die driejarige Katleho Leeuw se liggaam sowat 200m van haar huis in ‘n digte bos gevind is.
Dit twee dae nadat sy as vermis aangemeld is.






Comments