top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nóg twee liggame is by die Ekapamyn gevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 23
  • 1 min read

Nog twee liggame van mynwerkers wat langer as ’n maand ondergronds by die Ekapamyn in Kimberley vasgekeer was, is uit die myn gehaal.


Maroela Media berig volgens die maatskappy se uitvoerende hoof, Jahn Hohne, bring dit die totale aantal liggame wat tot dusver herwin is op drie te staan, nadat ’n modderstorting werkers diep ondergronds vasgekeer het.


Hohne sê ’n vierde mynwerker se liggaam is reeds geïdentifiseer en pogings is aan die gang om dit veilig te verwyder, terwyl daar steeds na die vyfde mynwerker gesoek word.


Die voorval kom te midde van die myn se likwidasie, wat daartoe gelei het dat bedrywighede gestaak is en honderde werkers sonder werk gelaat is.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page