Nóg ʼn reuse-diamant in Botswana gevind

Sep 17, 2024
1 min read
Nóg ʼn tamaai van 'n diamant is in Botswana, Suid-Afrika se buurland, ontdek. Maroela Media berig die Kanadese mynmaatskappy Lucara Diamond het gespog met ʼn tweede “astronomies groot diamant” wat ook in die Karowe-myn uitgehaal is. Dié diamant is 1 094 karaat, heelwat kleiner as die steen van 2 942 karaat wat in Augustus ontgin is. Volgens Lucara is dié diamant steeds ongeveer ʼn derde so groot as die Cullinan-diamant, die grootste diamant wat nóg in Suid-Afrika ontgin is. Dit is nog nie bekend wat dié jongste vonds werd is nie.








Comments