top of page

O’Sullivan gaan voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 9
  • 1 min read

Die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, sal na verwagting Dinsdag voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn. Hy het voorheen kommer uitgespreek oor sy persoonlike veiligheid en die komitee wou hom dagvaar om te verskyn.


Die parlement se Speaker, Thoko Didiza, het die komitee eerder aangespoor om met O’Sullivan gesprekke te voer.


Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê Didiza is bly dat O’Sullivan besluit het om homself beskikbaar te stel.


Paul O'Sullivan. FOTO: Facebook
Paul O'Sullivan. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page