O’Sullivan is terug om verder te getuig
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 5
- 1 min read
Die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan sal na verwagting vandag na parlement terugkeer om verder voor die polisie se ad hoc- komitee te getuig nadat hy verlede week uitgestorm het.
EWN berig O'Sullivan kan 'n kille ontvangs van partye soos die EFF verwag, wat selfs 'n kriminele klag teen hom gelê het. Ander lede van die Parlement sal hom ook waarskynlik van minagting van die parlement beskuldig.
O'Sullivan word ondervra vir aantygings dat hy die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) onwettiglik geïnflitreer het.
Voormalige aanklaer Michael Mashuga, wat Woensdag getuig het, het O'Sullivan en sy voormalige assistent, Sarah Jane Trent, daarvan beskuldig dat hulle met OPOD-ondersoeke ingemeng het.







Comments