Oekraïne loods ’n groot hommeltuigaanval op Moskou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Ten minste tien mense is beseer toe Oekraïne oornag ’n aanval met honderde hommeltuie op Moskou en die omliggende streek geloods het.
Reuters berig dat lugverdedigingstelsels die meeste van die hommeltuie op ’n lang afstand onderskep het.
Sewe mense, insluitend drie Chinese burgers, is gewond in ’n hommeltuigaanval naby een van Moskou se hooflughawens.
’n Brand het by ’n plaaslike industriële park uitgebreek, terwyl ’n woongebou ook getref is.
Die Oekraïense president Volodimir Zelenski sê die aanvalle het logistieke fasiliteite en ’n oliedepot in die Moskou-streek geteiken.








Comments