OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights breek deur met ‘n eerste oorwinning, die Cheetahs verloor naelskraap en, reën ontwrig die Proteas se toets teen Australië

Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights het’n belangrike eerste oorwinning in die YesPlay Pro20-beker behaal toe hulle die CSA High Performance-span met 54 lopies geklop het.
Die Flexbrands Knights het Sondag in Pretoria teen die High Performance-span kragte gemeet en met ’n stewige oorwinning hul veldtog in die T20-kompetisie voortgesit. Die Flexbrands Knights sal nou daarop fokus om dié momentum in hul volgende wedstryd te behou.
In rugby-nuus: Die Toyota Cheetahs het hul Europese Challenge-beker-veldtog met ’n naelskraap-nederlaag begin nadat Aviron Bayonnais hulle in Frankryk met 29-27 geklop het.
Rugby365 berig die Vrystaters het ’n sterk terugvegpoging in die tweede helfte gelewer en selfs ’n voorsprong opgebou, maar ’n laat drie deur die tuisspan se Springbok-skrumskakel, Herschel Jantjies, het die uitslag in Aviron Bayonnais se guns beslis.
Die Cheetahs het vroeg punte aangeteken, met Michael Annies wat ’n drie gedruk het, terwyl losskakel Tiaan Swanepoel met sy skopwerk bygedra het.
Ons sluit af met nog krieket: Die Proteas se tweede toets teen Australië in Gqeberha het skaars behoorlik begin voordat reën die eerste dag se spel beëindig het.
The Guardian berig Suid-Afrika was Sondag op 20 vir twee ná net 12.2 boulbeurte toe die reën toegeslaan het. Australiese snelbouler Scott Boland het vroeg toegeslaan en Aiden Markram en David Bedingham met opeenvolgende aflewerings uitgeboul.
Proteas-debutant Marques Ackerman het die moeilike omstandighede oorleef en sal hoop om Maandag saam met die oorblywende kolwers die beurt te stabiliseer.
Australië het die eerste toets in Durban met 214 lopies gewen en loop dus met 1-0 voor in die reeks. Suid-Afrika sal ’n sterk terugvegvertoning nodig hê om die reeks gelykop te maak.









Comments