top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

OGGEND SPORT: Die Springbokke pak vir Italië, LIV Golf se toekoms is in die weegskaal en, Ronaldo sluit ’n glorieryke internasionale loopbaan af

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Nov 6
2 min read

Ons begin met rugby: Die Springbokke begin Saterdag hul Europese veldtog in die Nations Championship met 'n toets teen Italië in Turyn.


Rassie Erasmus het 'n ervare span gekies, met Siya Kolisi as kaptein. Salmaan Moerat keer terug na die beginspan en vorm saam met Ruan Nortje die tweede ry. Morné van den Berg en Sacha Feinberg-Mngomezulu vorm die skakelpaar, met Damian de Allende en Jesse Kriel in die middelveld. Ethan Hooker en Kurt-Lee Arendse is op die vleuels, met Damian Willemse as heelagter.


Die Bokke het al drie hul wedstryde in die eerste been van die toernooi gewen, maar verloor in September 'n afsonderlike toets teen Australië met 42-38 in Perth.


Saterdag se wedstryd begin om 13:40 Suid-Afrikaanse tyd.

 

In gholf-rugby: LIV Golf se toekoms lyk onseker nadat die omstrede liga met ’n likwidasieproses begin het weens mislukte pogings om nuwe finansiering te bekom, insluitend die onttrekking van BC Partners se beplande belegging van 300 miljoen dollar.


Dit beteken die tweede LIV Golf-toernooi by Steyn City in April 2027 is afgestel, terwyl die voortbestaan van die Suid-Afrikaanse Southern Guards-span ook in die weegskaal is.


Die toernooi by Steyn City het sowat 110-duisend toeskouers gelok en na raming meer as 750-miljoen rand tot die ekonomie bygedra. LIV Golf se finansiële dokumente dui daarop dat die liga tussen 500-miljoen en een miljard dollar aan minstens een duisend skuldeisers verskuldig is.

 

En, in sokker-nuus: Cristiano Ronaldo het op 41 sy uittrede uit internasionale sokker aangekondig.


Hy neem afskeid as een van die grootste spelers wat ooit sy land verteenwoordig het, na ’n merkwaardige loopbaan van 23 jaar, waartydens hy 146 doele in 234 wedstryde vir Portugal aangeteken het.


Ronaldo het Portugal gehelp om die Euro 2016-toernooi, asook die UEFA Nasiesliga in 2019 en 2025 te wen en het die eerste speler geword wat doele in ses verskillende Wêreldbekertoernooie aangeteken het. Ronaldo sê dat die besluit nie maklik was nie en beskryf sy uittrede as die einde van ’n reis wat sy lewe vir altyd verander het. 

 

Die tweede LIV Golf-toernooi by Steyn City in April 2027 is afgestel. FOTO: Bunkered
Die tweede LIV Golf-toernooi by Steyn City in April 2027 is afgestel. FOTO: Bunkered

 
 
 

Comments


bottom of page