top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

OGGEND SPORT: Erasmus is verlig dat die Springbokke tydens hul oorwinning kon leer, Sinner en Nosková seevier by Wimbledon en Argentinië pak vir Engeland in die Wêrledbeker sokker halfeindronde

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Jul 13
  • 2 min read

Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hy is verlig dat sy span kon leer tydens hul oorwinning, nadat ‘n aansienlik gewysigde Springbokspan Skotland met 42-28 op Loftus Versfeld geklop het.


Erasmus sê die wedstryd was ‘n waardevolle toets vir ‘n groep wat 12 spelers met minder as 10 toetswedstryde agter die blad ingesluit het.


Intussen glo die Springbokvroue-afrigter, Swys de Bruin, dat sy span beduidende vordering gemaak het nadat hulle die reeks van twee toetse teen die VSA gelykop gespeel het, ten spyte van Saterdag se 26-19 nederlaag.


De Bruin het ‘n uitgebreide groep van 49 spelers vir die res van die seisoen aangewys, terwyl die span voorberei vir ‘n toer na Fidji, ‘n toets teen Nieu-Seeland, WXV-wedstryde in Europa en twee jaareind wedstryde teen Ierland in Kaapstad.

 

In tennis-nuus: Jannik Sinner het sy Wimbledon-titel suksesvol verdedig nadat hy Alexander Zverev in vier stelle op die hoofbaan geklop het.


Sky News berig die wêreld se voorste speler het met 6-7, 7-6, 6-3 en 6-4 gewen om sy vyfde Grand Slam-titel in te palm. Dit was ook Sinner se tiende agtereenvolgende oorwinning oor Zverev. Sinner het hom goed herstel nadat hy verlede maand in die Franse Ope-eindstryd teen Zverev vasgeval het.


Linda Nosková het die 2026 Wimbledon-vrouetitel gewen deur Karolína Muchová te klop.

 

En, in Wêreldbeker sokker-nuus: Argentinië speel teen Engeland in die halfeindronde van die 2026 Wêreldbeker nadat hulle Switserland ná ekstra tyd in die snikhete Kansas City geklop het.


BBC berig Julián Álvarez het die wedstryd beslis met 'n uitstekende krulskoot van sowat 25 meter af wat doelwagter Gregor Kobel geen kans gelaat het nie.


Switserland het dapper verdedig nadat hulle in die tweede helfte tot tien spelers verminder is. Ster-aanvaller Breel Embolo is ná 'n VAR-hersiening met 'n tweede geelkaart afgestuur nadat vasgestel is dat hy kontak voorgegee het.


Leandro Paredes is aanvanklik vir die oënskynlike oortreding bespreek, maar die skeidsregter het die besluit ná die videohersiening omgekeer toe dit duidelik geword het dat Embolo geduik het.


Linda Nosková het die 2026 Wimbledon-vrouetitel gewen. FOTO: The Guardian
Linda Nosková het die 2026 Wimbledon-vrouetitel gewen. FOTO: The Guardian


 
 
 

Comments


bottom of page