OGGEND SPORT: Malherbe bly deel van die Springbokplanne vir die Wêreldbeker, Hridoy skryf geskiedenis en, DeChambeau mik na Sun City

Ons begin met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het bevestig dat die stut, Frans Malherbe, steeds deel is van sy planne vir volgende jaar se Rugbywêreldbeker, met die verwagting dat die 35-jarige in Januarie na die veld sal terugkeer nadat hy van 'n rugbesering herstel het.
Malherbe het reeds 76 toetse vir Suid-Afrika gespeel, met sy laaste verskyning in 2024 teen Argentinië en hy was deel van die Wêreldbeker-wenspanne in 2019 en 2023. Erasmus het slegs twee veranderinge aan die wedstrydgroep vir Vrydag se Nasieskampioenskap-kragmeting teen Frankryk in Parys aangebring, met Wilco Louw wat Thomas du Toit op stut vervang en Cobus Reinach kom in die plek van Grant Williams.
Erasmus glo dat die span wat hy gekies het, die beste toegerus is vir die uitdaging, alhoewel spelers soos Emmanuel Tshituka en Canan Moodie ook op geleenthede hoop.
In krieket-nuus: Towhid Hridoy het geskiedenis gemaak deur die eerste Bangladesjiese kolwer te word wat 324 lopies in ’n toetswedstryd aanteken, nadat die tweede toets teen Wes-Indië gelykop geëindig het.
Hridoy het in die eerste beurt ’n onoorwonne 242 aangeteken en daarna nog 82 in die tweede beurt bygevoeg. Wes-Indië het hul tweede beurt op 398-6, maar die gashere was op 184-4 toe swak lig op die laaste dag die spel beëindig het.
Wes-Indië het gevolglik die toetsreeks met 1-0 gewen nadat hulle die eerste toets met agt paaltjies beklink het.
En, in gholf-nuus: Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen, Bryson DeChambeau, het bevestig dat hy in Desember aan die Nedbank Golf Challenge by Sun City sal deelneem, ná die beëindiging van LIV Golf.
DeChambeau sê hy sien daarna uit om na Suid-Afrika terug te keer, met die Nedbank Golf Challenge wat van 3 tot 6 Desember by die Gary Player Country Club plaasvind.
Die Amerikaner het ook sy besluit om by LIV Golf aan te sluit verdedig, en hou vol dat hy steeds daartoe verbind is om die sport te laat groei en glo dat spangholf 'n belangrike rol het om te speel, hoewel hy erken het dat sy volgende stap nog onseker is.
DeChambeau staan voor 'n skorsing van minstens een jaar voordat hy na die PGA-toer kan terugkeer, en hy het tot 15 November tyd om aan te dui of hy van plan is om vir die komende seisoen by die DP World-toer aan te sluit.










Comments