Oliepryse daal skerp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 23
- 1 min read
Oliepryse het Maandag skerp gedaal nadat president Donald Trump gesê het die VSA en Iran produktiewe gesprekke gevoer het oor die beëindiging van die oorlog, en dat hy ’n vyfdaagse staking van aanvalle op belangrike energie-infrastruktuur in die land beveel het. CNBC berig brent-ruolie het Maandagoggend met meer as 6% tot onder $100 gedaal.
Trump se plasing op Truth Social volg nadat hy Saterdag gesê het Iran het 48 uur om die Straat van Hormuz te heropen, anders sal die VSA Iran se kragsentrales aanval. Dit is steeds nie duidelik wanneer die belangrike skeepsroete sal heropen nie.







Comments