top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Oliewenhuis word deur die Vrystaatse Vereniging vir Blindes verken

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2024
1 min read

Die Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein het Internasionale Dag van Persone met Gestremdhede met ‘n begeleide toer herdenk. Tydens die toer kon lede van die Aganang Ondersteuningsgroep van die Vrystaatse Vereniging vir Blindes, Willem Boshoff se kunswerk, Blind Alphabet A, verken. Shadrach Sebolao, verbonde aan die Sentrum vir Universele Toegang en Gestremdheidsondersteuning aan die Universiteit van die Vrystaat, het as Braillegids gedien. Sy Braille-kundigheid het verseker dat die ervaring toeganklik en verrykend was, asook dat die lede by die kunswerk betrokke kon raak. Die Vrystaatse Vereniging vir die Blindes is 'n geregistreerde welsynsorganisasie wat in 1929 gestig is om dienste aan siggestremde en blinde persone in die Mangaung-distrik te lewer.

 
 
 

Comments


bottom of page