top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Olifantrob verras inwoners in woonbuurt

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 29, 2025
1 min read

Inwoners van Gordonsbaai is verras toe ’n groot suidelike olifantrob in hul woonbuurt langs Sir Lowry’s Pass-pad opdaag – byna een kilometer van die see af. Volgens die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging se webwerf was hulle Dinsdag net ná 07:00 op die toneel en het saam met verskeie instansies ’n nege uur lange reddingsoperasie begin. Dié jong rob, wat sowat twee ton weeg, is versigtig verdoof en met ’n wildvangwa na Koggelbaai vervoer. Sy toestand is daar gemonitor voordat hy veilig in die see vrygelaat is. Die DBV sê sulke waarnemings is skaars en dat die rob se besoek risiko’s vir hom en padgebruikers ingehou het. Die redding is as suksesvol beskryf.

 
 
 

Comments


bottom of page