top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ollie le Roux se Bfn-huis kom onder die hamer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die oud-Springbok-stut wat twee jaar in ’n ry boksgevegte vir liefdadigheid gewen het, Ollie le Roux, se vyfslaapkamerhuis word opgeveil. Le Roux en sy vrou, Mariska, bly al bykans 21 jaar dié huis in een van Bloemfontein se spogbuurte.


Rapport berig ’n prokureur wat spesialiseer in insolvente boedels en wat dié sekwestrasie behartig, Ruwayne Smith, sê dit is egter steeds onduidelik presies waarom die huis onder die hamer beland. Volgens hom het die eiendom niks te doen met die sekwestrasie van sy persoonlike boedel nie, aangesien dit in sy vrou se naam geregistreer is.


Volgens die advertensie vir die veiling van dié eiendom in Waverley het die trustees van Le Roux se insolvente boedel opdrag gegee dat die huis opgeveil moet word. Mariska se krediteure word daarvolgens uitgenooi om hul eise in te dien.


Le Roux het by navraag gesê omdat die sekwestrasie nog deel vorm van ’n voortslepende regsproses, wil hy nie kommentaar lewer nie.


Le Roux se boks-afrigter, Pieter Swanepoel, sê die regsgeding kom nadat Le Roux baie geld in ’n groot skema belê het waardeur hy hoenderplase in Zambië gevestig het. 'n Bank het toe glo onttrek en die projek kon nie voortgaan nie.


Ollie le Roux. FOTO: My Players
Ollie le Roux. FOTO: My Players

 
 
 

Comments


bottom of page