Omkopery neem toe
- Armando Pieters

- May 14
- 1 min read
Die omkoop van polisiebeamptes deur motoriste is 'n groeiende probleem in Suid-Afrika. So sê die uitvoerende hoof van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), Makhosini Msibi. SABC News berig volgens Msibi het die aantal bestuurders onder die invloed van alkohol wat polisiebeamptes probeer omkoop toegeneem. RTMC sê voetoorgange op openbare paaie, dronkbestuur en spoed was die hoofoorsake van sterftes gedurende die 2025 Paasnaweek. Intussen berig Newskoop dat alhoewel padsterftes hierdie jaar tydens Paasfees met 47% teenoor verlede jaar afgeneem het, dra voetgangers steeds aansienlik by tot die sterftes op die land se paaie. Dié syfers is tydens ʼn voorlegging aan die parlement se Portefeuljekomitee oor Vervoer bespreek.





Comments