top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Omstrede Bela-riglyne is gepubliseer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 13, 2025
1 min read

Die riglyne vir die inwerkingstelling van die omstrede Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (die Bela-wet) is pas gepubliseer.

Die bedryfshoof van die Solidariteit Beweging, Werner Human, sê dit is ‘n taktiese deurbraak.

Maroela Media berig ingevolge die riglyne mag skole wat genoeg aansoeke van ouers ontvang het, nie instruksies ontvang om hul taalbeleid te verander nie.

Human meen hoewel die riglyne nie bindend is nie, is dit kragtige riglyne wat spruit uit bestaande wetgewing en uitsprake, en baie meer sekerheid bied.

Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skole Ondersteuningsentrum (SOS) het ʼn kernrol gespeel in die onderhandelingsproses om gewraakte klousules oor taal- en toelatingsbeleid te beveg.

 
 
 

Comments


bottom of page