top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Omstrede damregulasies is tydelik opgehou

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die Departement van Water en Sanitasie het voorgestelde regulasies oor openbare toegang tot staatsdamme en waterwerke tydelik opgehou vir verdere oorlegpleging.


Maroela Media berig die regulasies het wyd kritiek ontlok nadat daar kommer ontstaan het dat dit toerisme, ontspanningsaktiwiteite en plaaslike ekonomieë negatief kan beïnvloed.


Duisende Suid-Afrikaners, ondernemings en organisasies het beswaar teen die voorgestelde regulasies aangeteken.


Die departement sê verdere konsultasie sal nou plaasvind voordat enige finale besluite geneem word.


Kritici meen openbare toegang tot damme en watergebiede speel ’n belangrike rol in toerisme, werkskepping en plaaslike ekonomiese aktiwiteit.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page