top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Omstrede vullistariewe in die Mangaung-metro word in die hof betwis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 23
  • 1 min read

Omstrede vaste vullisverwyderingstariewe bly in werking in die Mangaung-metro, ondanks 'n hofuitspraak waarin 'n soortgelyke tariefstelsel in Kaapstad onwettig verklaar is.


Maroela Media berig die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars, oftewel Sapoa, het die Mangaung-metro hof toe geneem omdat die organisasie meen die koppeling van vaste vullistariewe aan eiendomswaardes is onwettig.


Die saak is vir 17 September op die hofrol geplaas. Die Mangaung-metro het aangedui dat hy die aansoek gaan teenstaan, maar het nog nie sy hofstukke ingedien nie.


Intussen meen die DA se woordvoerder oor finansies in die Mangaung-raad, Frans Bothma, die metro behoort die koppeling van vaste vullistariewe aan eiendomswaardes te laat vaar.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page