top of page

Omtrent R3 miljard word benodig om die Metro se water- en sanitasiekwessies aan te spreek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 13
  • 1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê hy benodig sowat R3,1 miljard om water- en sanitasiekwessies aan te spreek. Volgens SABC News het die ouditeur-generaal se verslag kommer laat ontstaan ​​oor die munisipaliteit se versuim om sy begroting met realistiese inkomsteprojeksies in lyn te bring aangesien dit bydrae tot die munispaliteit  finansiële krisis. Dit terwyl die kwessie van die gebrek aan nodige vaardighede en kapasiteit die munisipaliteit selfs meer kos. Daar is tans amper 80 000 mense in die Metro wat steeds puttoilette gebruik en sowat 50 000 gebruik emmers. Volgens die 83-jarige Seipati Sehloho van Thaba Nchu, wat ook nog van ‘n puttoilet gebruik maak, wil sy net ‘n ordentlike toilet en ‘n bietjie waardigheid he.

 
 
 

Comments


bottom of page