top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onbevoegde en korrupte munisipale besture moet aanspreeklik gehou word

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 10
1 min read

AfriForum sê onbevoegde en korrupte munisipale besture in die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal moet aanspreeklik gehou word vir die agteruitgang van dienslewering in dié provinsies.


Die burgerregteorganisasie het ’n petisie van stapel gestuur en voer aan dat jarelange kaderontplooiing, wanbestuur en korrupsie tot die verval bygedra het.


Volgens AfriForum wys verslae van die ouditeur-generaal op ernstige probleme, terwyl verskeie munisipaliteite in KwaZulu-Natal as disfunksioneel geklassifiseer is.


AfriForum se hoof van die sentraalstreek, Jaco Grobbelaar, sê die organisasie eis dat bevoegde personeel aangestel en korrupte amptenare aanspreeklik gehou word.


LUISTER HIER:


Jaco Grobbelaar

AfriForum. FOTO: Facebook
AfriForum. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page