Onderbefondsing laat die weermag sukkel
- Nadia Pieters
- 1 day ago
- 1 min read
Die parlement se Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging sê die Suid-Afrikaanse Weermag is te erg onderbefonds om grenspatrollietake uit te voer.
Die komitee het gister toesigbesoeke aan talle grensplekke naby die Limpoporivier afgelê.
Die grens staar onwettige migrasie en die smokkelary van gesteelde voertuie en onwettige goedere in die gesig.
Die komitee sê tekorte aan personeel, voertuie en moderne tegnologie, soos hommeltuie, beïnvloed hul pligte.

Comments