top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ondersoek word ingestel na SA se hoë data-koste

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 3
  • 1 min read

Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sal ’n omvattende studie van stapel stuur om die oorsake van die hoë koste van data in Suid-Afrika te bepaal.


Die ses maande lange studie sal ook die koste van stemoproepe, SMS’e, toestelle, verbruikersgedrag en ander kommunikasiedienste ondersoek.


Die departement sê in ’n nuut uitgereikte tender dat die studie se uitkoms na verwagting beleids- en strategiese aanbevelings sal verskaf om koste te verminder. Dit sê hoë koste verhoed steeds baie Suid-Afrikaners om betekenisvol en gelyk aan die digitale ekonomie deel te neem.


Die departement sê bekostigbare slimfone is ook nodig om jongmense te help om toegang tot regeringsplatforms en aanlyn werksgeleenthede te gee.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page