top of page

Ondersoekdirektoraat wil nuwe uitleweringsaansoek vir Guptas indien

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 19
  • 1 min read

Die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie sê hy sal ‘n nuwe uitleweringsaansoek by die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) indien vir die Gupta-broers vir bykomende staatskapingsake.

Dit is ten spyte van die gebrek aan sukses tot op hede in die poging om die broers te kry om in Suid-Afrika verhoor te word in die Estina-suiwelplaas en Nulane-sake.

Die hoof by die direktoraat, Andrea Johnson, het aan die parlement gesê hulle sal in belang van geregtigheid nie tou opgooi nie.

Die versuim van die staat om die Gupta-broers Atul en Rajesh suksesvol uit te lewer, is ʼn klad op die nasionale vervolgingsgesag se vordering met die vervolging van staatskapingsake.

 
 
 

Comments


bottom of page