top of page

Ondersoeke na die bron van ‘n tifuskoorsuitbraak word versterk

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 3
  • 1 min read

Die Departement van Gesondheid sê hulle het ondersoeke na die bron van die tifuskoorsuitbraak in die Stad Tshwane versterk.


Volgens SABC News is 24 gevalle tot dusver bevestig – 14 in Bronkhorstspruit en 10 in Hammanskraal.


Toetse op die stad se watervoorraad het geen epidemiologiese verband tussen die gevalle getoon nie. 


Daar word tans met die stad saamgewerk om die bron te identifiseer en areas soos onbeskermde putte, boorgate en oop waterbronne word ondersoek.


Tifus word veroorsaak deur die bakterie Salmonella Typhi wat deur besmette voedsel of water versprei. Simptome kan langdurige koors, hoofpyn, buikpyn, naarheid, braking en diarree insluit.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page