Rockman kom haar belofte na
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Belofte van ondersteuning aan boere en gemeenskappe in die Vrystaat word nou in praktyk gebring.
Die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake het voortgegaan met sy gemeenskapsuitreikprogram in die Mangaung-metro.
Volgens inligting wat op sosiale media gedeel is, het verskeie huishoudings en openbare instellings in tuingereedskap en saadpakkies ontvang.
Altesaam vyf openbare instellings en 92 huishoudings in Thaba Nchu, en 15 instellings en 63 huishoudings in Botshabelo het by die inisiatief baat gevind.
Die projek gee uitvoering aan ’n belofte wat die LUR, Elzabé Rockman, vroeër vanjaar tydens boere-gesprekke gemaak het, nadat ondersteuning met tuingereedskap en saad versoek is.








Comments